Toespraak deaur President Mandela tydens 'n besoek aan Oudshoorn

South African History Online

Toespraak deaur President Mandela tydens 'n besoek aan Oudshoorn

3 September 1995

Geagte Voorsitter;
Dames en Here

Dit is vir my 'n besondere voorreg om weer hier by u in die Suid-Kaap en
Klein Karoo te kan kuier. Die herinnering van die gasvryheid waarmee u my met my
vorige besoek, tydens verlede jaar se verkiesing ontvang het, het my lank
bygebly en onderskraag. U woon in 'n pragtige gebied, omring deur die Swartberge
in die noorde en die Outeniquaberge in die suide. Hierdie gebied het wonderlike
toeriste - en landbou-potensiaal en indien daar werklik demokratiese en
verteenwoordigende plaaslike regering is wat al die mense dieu, behoort almal
wat hier woon 'n goeie lewe te kan voer.

Tog moet 'n mens nie toelaat dat die natuurskoon jou verblind vir die
jare-lange lyding van ons mense en die geweldige onregte wat teen u gepleeg is
nie. Apartheid het ons mense bitter seer gemaak: Ek kan die diep gekerfde lyne
van pyn en stryd, armoede en honger op u gesigte sien. Wanneer ek 'n
plaasarbeider groet voel ek die knoetse op u vingers en eelte in die palms van u
hande, wat die getuienis is van jare van rugbreek werk op die lande.

Hier in die plattelandse gebiede van die Klein-Karoo is daar plaaswerkers wat
vir geslagte op plase gewoon het, baie maal op grond wat hul voorvaders se
eiendom was, maar waarvan hulle onwettig onteien is. Baie keer word hulle
summier van plase af verdryf en haweloos langs die grootpad gelaat - slegs omdat
hulle aangedring het op 'n leefbare loon en menswaardige behandeling.

Feitlik in elke dorp in die Suid-Kaap kan die letsels van apartheid gesien
word in die onnatuurlike skeiding van woonbuurtes op grond van ras. Die African,
Kleurling en Indier woonbuurtes is altyd op die swakste grond en op die mees
ongerieflike plekke, ver weg van die hoofdorp gebou. Onderwyl ons kinders
kaalvoet in die stofstrate van die townships speel, is daar goed versorgde parke
en teerstrate in die dorpsgebiede waar voorheen net witmense toegelaat is om te
woon. Baie maal is dit die plekke waar ons ouers gewoon het, maar deur die
apartheidswette uitgedryf is.

Hier in Oudtshoorn en emgewing was daar ook, soos oral in Suid-Afrika, 'n
klein groepie wit bevoorregte burgers wat die ou plaaslike regeringstrukture
uitgebuit het vir hul eie gewin, onderwyl die meerderheid van mense gruwelik
onderdruk is. Ek dink maar net aan plekke soos Bloupunt, Varkieskloof, Bokkraal
en Waaikraal. Ons mense het alreeds sedert 1895 kaart en transport vir die
gebiede gehad. Hulle het sterk, gesonde gemeenskappe opgebou met goeie huise,
kerke en skole. In 1972 het die Klein Karoo Streeksdienste Raad, met gebruik van
die Groepsgebiede Wet, ons mense op geweldadige wyse begin dwing om te verskuif.
Met tipiese gulsigheid het hulle vir die omliggende blanke boere beheer verkry
oor die goeie waterbronne van die Bloupunt-gebied.

Die gebeure van daardie tyd is, asof met 'n flymskerp mes, in die geheue van
die ouer mense ingekerf. Die huise wat hulle met hul eie hande en die bekende
klei van die gebied gebou het, is met stootskrapers platgestoot en vandag kan 'n
mens net die oorblyfsels van die fondamente sien. Die verwaarloosde oop stukke
grond le daar soos gapende wonde - net soos die kaal stuk grond in die hart van
Kaapstad waar Distrik Ses was. Elke keer wanneer ek hierdie plekke sien bloei my
hart; kom die herinneringe weer terug aan gesinne wat uitmekaar geskeur is en
waarvan die pyn nog elke dag gevoel word.

Tog, is ek altyd diep beindruk dat u ten spyte van al die lyding bly hoop en
stry het vir 'n regverdige en beter lewe. Met hierdie besoek wil ek graag aan u
erkenning gee vir die moed en wilskrag wat u aan die dag le. In u krag vind ek
ook krag.

As gevolg van u deursettingsvermoe kan ons vandag met afwagting hoop op die
komende plaaslike regeringsverkiesings wat vir eens en vir altyd 'n einde sal
maak aan die onverteenwoordigende en onderkrukkende munisipaliteite en
Streeksdiensterade van ouds. U sal vir die eerste keer op volle demokratiese
wyse uit u eie geledere plaaslike regeringsverteenwoordigers kan kies, wat saam
met u die onregverdighede van die verlede kan regstel en kan begin om werklik 'n
beter lewe vir almal te bou - hier waar u woon.

Verlede jaar op die 27ste April het die oorgrote meerderheid van mense in
Suid-Afrika vir die ANC gestem. Hulle het hul vertroue gestel in die ANC se plan
om 'n beter lewe vir almal te skep. Binne die eerste jaar en 'n half, onderwyl
die ANC die leidende party in die Regering van Nasionale Eenheid is, het ons 'n
goeie begin gemaak om daardie plan ten uitvoer te bring. Maar ons kan nie ten
volle in ons doel slaag sonder volwaardige deelname van al ons mense in die
plaaslike gebiede waar huise, skoon water, elektrisiteit en werksgeleenthede so
broodnodig, is nie.

Despite many obstacles we have already made important progress with the ANC's
mission to create a better life for all. We are now truly building a South
African nation.

Everywhere the new spirit of democracy and respect for people's rights, which
ANC struggled for over years, is becoming a reality.

With meagre resources we are offering free medical care for pregnant women
and children under the age of six. Many primary school children now benefit from
the national feeding scheme and our cherished goal of free education is being
phased in. This may seem very little compared with the many urgent needs of our
people, but it is an indicator of the ANC's commitment to provide a better life
for all.

While we are proud of our achievements, the ANC is honest enough to
acknowledge that we could have done more. Official red tape slowed down progress
in some cases. Communities have not always been fully involved. Government
structures that were needed to implement projects were sometimes not ready.

But the local government elections give us the chance to put these things
right. Democratic local government will be the hands and feet of the
Reconstruction and Development Programme. Together we will still have to climb a
mountain to realise our vision of a better life for all. Together we can and
shall climb that mountain no matter what it takes. In unity we can eradicate
apartheid and truly transform our country. It is that single mindedness that
will spur us on to make South Africa a prosperous Republic. The key to that
future is in our hands. Only we can make the RDP work!

Geen struikelblok sal te groot wees as ons in vertroue met mekaar saamwerk
nie, maar dan moet ons in vertroue met versigtige verantwoordelikheid vorentoe
beweeg. Verlede jaar het ons nog grootliks 'n begroting ge-erf van die ou
Nasionale Party regering. Vanjaar se begroting is al tot 'n groter mate ons eie
en daarom kan u sien dat ons vanjaar alreeds meer kon begin doen en volgende
jaar sal ons verseker dat daar 'n begroting sal wees wat nog veel meer die
belange van die armes en onderkruktes in ons land dien.

Uiteraard is dit nie maklik om onmiddelik groot besnoeiings aan te kondig in
die begrotings van staatsdepartemente wat ons van die vorige bestel ge-erf het
nie. Dit kan aanleiding gee to onstabiliteit en selfs groter werkloosheid; maar
ek kan u verseker dat ons alles in ons vermoe doen om regstellende aksie te
vevorder sodat die personeel van die staatsdiens die werklike
bevolkingsamestelling van ons land sal weerspieel - insluitende ook van die
Kleurlingmense.

Wat Regstellende Aksie betref. Ek wil dit absoluut duidelik maak dat dit die
beleid van die ANC en van die Regering van Nasionale Eenheid is dat Regstellende
Aksie almal moet insluit wat geleenthede deur apartheid ontse is: Dit beteken
Kleurlinge, Africans, Indiers, vroue en gestremde persone. Geen persoon wat gely
het onder apartheid, of enige vorm van diskriminasie mag uitgesluit word nie.
Indien daar enige werkgewer is wat regstellende aksie selektief toepas en slegs
bereid is om sekere groepe wat onderdruk is in diens te neem, bots hulle optrede
met die beleid van die ANC en die Regering van Nasionale Eenheid, en ek glo dat
hulle ook ons Grondwet oortree. Ek wil in besonder by die Kleurling gemeenskap
daarop aandring om u reg om voordeel te trek uit regstellende aksie op te eis en
om die werkgewers wat teen u diskrimineer onder die aandag van die ANC en die
regering te bring.

Onthou die ANC is die leidende mag in die Regering van Nasionale Eenheid.
Alhoewel die Nasionale Party ook deel van die regering is, is hulle bydrae maar
uiters beperk: Die ANC het agtien kabinetslede en daarteenoor het die Nasionale
Party slegs ses. Dit is die ANC wat die leiding neem in die formulering van die
Heropbou en Ontwikkellings Program. Ek nooi u uit om voluit saam met die ANC te
werk om u ideale te bereik. Die ANC kandidate in die plaaslike
regeringsverkiesing sal daagliks saamwerk met hul nasionale leiers om te
verseker dat dringende aandag gegee word aan die voorsiening van munisipale
dienste en om kriminaliteit en geweld doeltreffend deur middel van
gemeenskaps-polisiering te bekamp.

Die enigste party wat werklik u belange op die hart dra is die ANC. Ons
kandidate is mense vanuit u gebied met 'n geskiedenis van betrokkenheid en
opoffering om hulle gemeenskappe te dien. Gelei deur die beginsels en planne van
die ANC sal hulle verseker dat die finansiele middelle in u gemeenskappe, ook
hier in Oudtshoorn, aangewend word om almal te dien. Hulle sal saam met u beplan
wat die prioriteite in u gemeenskap is en hoe almal saam moet werk om in die
gemeenskap se behoeftes te voorsien. Elke ANC kandidaat sal onderworpe wees aan
'n streng gedragskode en enige persoon wat nie daaraan voldoen nie sal
onmiddellik gedisiplineer word.

Moet nie u stem mors op ander wat geen duideklike planne het, behalwe om
hulsef te bevorder nie. Dit is die ANC wat mense verenig en wat tesame met u
werklike verandering sal bring.

Dames en Here

Ek benadruk hierdie boodskap omdat daar 'n ongelukkige persepsie is dat daar
'n sektor in die Kleurlinggemeenskap is wat onseker en selfs vreesbevange is oor
die toekoms en as gevolg van hierdie onsekerheid hul heil probeer vind deur te
identifiseer met diegene wat nog steeds dink in die ou verstokte rassistiese
terme van minderheidsbevoorregting.

Dit maak my bitter seer dat in hierdie tyd van ons bevryding waar alle
Suid-Afrikaners - African, Kleurling, Indier en Blanke - vir die eerste keer die
reg het om gesamentlik die meesters van ons eie toekoms te wees, die optrede van
sekere groepe in die Kleurlinggemeenskap daartoe lei dat hulle hulsef
marginaliseer.

Daar is 'n wonderlike positiewe gees onder die oorweldigende meerderheid van
Suid-Afrikaners wat nou hande vat om 'n nie-rassige en demokratiese Suid-Afrika
te bou. Selfs onder die wit gemeenskap en baie Afrikaners is daar 'n groeiende
bereidwilligheid om werklik met die ANC saam te werk. Ons wil he dat die
Kleurlingemeenskap deel moet wees van hierdie Suid-Afrikaanse wonderwerk.

Dit mag nooit weer gebeur dat een Suid-Afrikaner teen die ander diskrimineer
nie; dat een Suid-Afrikaner die ander onderdruk, uitbuit of minag nie. Nou moet
ons almal ons koppe oplig en ons regte vir onsself toe-eien. Rassisme moet
finaal en vir eens en vir altyd begrawe word. Die beste manier om dit te doen is
om met volle toewyding deel te neem aan die Heropbou en Ontwikkelingsprogram.
Die Kleurling gemeenskap wat soveel jare geminag en vertrap is het 'n leidende
rol om te vervul in die heropbou van u eie mense en van almal in ons land. U
moet in die voorste linie teen rassisme veg. Dit is nie net u reg nie, dit is
ook u plig, terwille van u kinders wat nooit mag deurmaak wat u deurgemaak het
nie.

Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie pragtige land van ons woon:
African, Witmens, Indier en Kleurling. Slegs as ons bereid is om ons eie belang
ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika kan daar 'n toekoms
wees vir ons almal - ook vir die Kleurlinge as 'n integrale deel van die Nuwe
Suid-Afrika!.

Dankie

Issued by: African National Congress