Mandela speech at Magagong Community Project

South African History Online

Mandela speech at Magagong Community Project

Hartswater, 28 August 1998

Business leaders
Premier of the Northern Cape and MEC for Education
The
Chief and Community of Magagong
Ladies and Gentlemen/


Dit is vir my 'n groot voorreg om u vandag te kan toespreek as 'n
Suid-Afrikaanse nasie waarin almal mekaar sien en respekteer as gelyke vennote
in 'n gees van versoening en soeke na voorspoed. Ek verwys in die besonder na
die Wes-Kaapse sake-leiers en verteenwoordigers wat hier saam met ons is -
verteenwoordigers van die regering en van die gemeenskap.

Ek is vol vertroue dat sodra ons begin om na mekaar se behoeftes te luister,
sal ons 'n verskil maak aan die lewens van al ons mense, veral die wat arm en
behoeftig is.

Ons moet nie bly hamer op die verlede nie, maar ons weet van daardie erfens
van verwaarlosing waaronder die meerderheid van ons mense gely het. Maar
gesamentlik kan ons daardie ongelukkige erfenis ongedaan maak, deur die skepping
van beter lewensomstandighede en geleenthede vir ontwikkeling vir almal.

Vandag kan ons met trots verklaar dat ons 'n nuwe, demokraties-verkose
regering het wat verbind is tot die regstelling van die growwe ongelykhede van
die verlede.

Since 1994 we have seen millions of South Africans getting access to clean
water, electricity being switched on, houses being built, new clinics
constructed, roads upgraded, schools built and renovated.

We also know that what we have done so far is not enough because the needs of
our people are so great. Government is doing everything it can to redress these
imbalances. But it will only succeed in partnership with communities and all the
sectors of our society.

The Northern Cape Cabinet have started a good job of creating a platform of
interaction with the people that they serve. That is very important for making
them understand the needs of the people, especially those who are poor.

You as communities also need to join hands with government and engage in
matters that affect your needs. You have already shown that spirit by taking up
the initiative to start a school project.

To see and hear that there are children who must learn under poor conditions
and uncertainties about the future of their school touches me deeply.

As ons ons sameleweing wil onvorm, moet ons met die opvoeding van ons kinders
begin. Ons moet daarom toesien dat al ons kinders toegang het tot ordentlike
skool-opvoeding. Ook in ons onderwys sal ons die jare van verwaarlosing moet
oorkom.

Slegs op daardie wyse sal ons van Suid-Afrika maak die regverdige en
voorspoedige gemeenskap waarvan ons droom.

Ek will 'n besondere beroep op die plaaseienaars, doen om die regering en die
gemeenskap te help om ons kinders van die straat af en in die klaskamer te hou.
Ons moet ten alle koste keer dat die toekoms van ons kinders vernietig word
omdat hulle nie onderwys ontvang het nie. Ons ekonomie insluitende die
landbou-sektor, kan nie groei en vorder sonder mense met vaardighede en tegniese
kennis nie.

I would like to take this opportunity to thank the business community who
have responded to our request to fund social investment projects. Partnership
between government, the private sector and communities is critical to the
development of our country.

There are many projects all over the country where business have donated
funds to build and renovate schools. I am confident that the Western Cape
business leaders who are with us today will also join in this very important and
practical contribution to reconciling and healing our nation.

I thank you for having heard our request to come and discover opportunities
for social investment in the Northern Cape.

Wanneer ek sien hoe mense uit verskillende agtergronde en gemeenskappe mekaar
se hande vat om ons gebroke en verdeelde verlede te oorkom, besef ek telkens dat
ek hierdie land nou eers regtig leer ken. En dit gee my baie moed en vertroue
vir die toekoms van ons land.

Kom ons vat mekaar se hande en werk saam om beter lewensomstandighede vir
almal te skep.

Baie dankie aan u elkeen.